JOIN OUR MAILING LIST

HERBERT EVANS BORG 

Ons oefengroep is bevoorreg om deur Herbert Evans geborg te word. Ons dra met trots ons Rooi oefenhemde op Dinsdae!

Besoek gerus die pragtige nuwe Herbert Evans winkel in Linden vir al jul "arts and crafts".

SKOLE LANDLOOP 2021

Dit was sommer net baie lekker om weer op die landloop baan te kon wees. Hoërskool Randburg se atlete het aan die Northern Districs liga deelgeneem. 5 uit die 6 ligas kon plaasvind voordat interskole byenkomste gekanseleer is. Dit was goeie "oefensessies" vir ons en het aan atlete die geleentheid en blootstelling gegee om vir die 1ste keer aan landloop deel te neem. Dit was wonderlik om almal se vordering dop te hou.

HS Randburg se Junior en Senior Dogters spanne het as wenners van die liga geëindig en die junior seuns span was 2e.

21 van ons atlete het gekwalifiseer vir die finale wat moontlik kan plaasvind indien die beperking op interskole aktiwiteite gestaak word.

Baie dankie aan die skole en organiseerders wat bereid was om ons toe te laat om deel te neem onder die streng Covid reëls.

KLUB LANDLOOP 2021

Die 2e CGA liga het Saterdag 5 Junie by Boksburg plaasgevind en ons klub se atlete het weereens goed gevaar met 12 van ons atlete wat onder die 1ste 10 atlete geëindig het.

Die 1ste CGA liga het Saterdag 22 Mei plaasgevind en ons atlete het dit goed afgeskop met Megan, Isla, Chloe, Jolandi, Shannon, Evert, Kevin, Marco en Thabang wat onder die 1ste 10 atlete in hul ouderdomsgroep geeindig het. 

Baie dankie aan CGA wat hul bes probeer om 'n kwaliteit byeenkoms aan te bied. 

Terug Terug na bo