JOIN OUR MAILING LIST

HERBERT EVANS BORG 

Ons oefengroep is bevoorreg om deur Herbert Evans geborg te word. Baie dankie vir hul ondersteuning. Ons dra met trots ons Rooi oefenhemde op Dinsdae!

ATLETIEK 2021
 
Die jaar begin moeilik noudat skole atletiek gekanseleer word tot verdere kennisgewing. Ons is egter baie dankbaar dat klubs toegelaat word om binne die regulasies te oefen. Sterkte aan al ons atlete wat getrou deur die vakansie oefen, sodat hulle gereed kan wees vir enige kompetisie sodra dit plaasvind. 

Ons wens alle oefengroepe sterkte vir die seisoen. Dit is werklik baie moeilik om atlete veilig af te rig met al die regulasies wat veroorsaak dat ons parke en stadions toe is. Om in die strate te oefen op harde teer is nou al 'n paar maande die realiteit van baie atlete. 

Mag almal gesond wees en toegelaat word om te oefen!!!!

Hoekom oefen atlete al is daar nie enige wedlope in die nabye toekoms nie.

1. Atlete moet aanhou fokus op hul afstand per week, sodat hulle in 2021 die hoër lading kan hanteer om te verbeter as atleet.

2. Middel en Langafstand atlete moet dwarsdeur die jaar oefen om nie agter te raak nie.

3. Atlete se oefensessies moet sodanig wees dat hulle programme maklik aangepas kan word sodra kompetisies weer begin.

4. Atlete fuksioneer optimaal in hul studies en daaglikse roetine indien hulle oefen.

5. Dit is nodig vir ons immuunstel en beendigtheid om buite in die sonlig te wees en impak sport te doen.

Terug Terug na bo